Nuwe wyn / New wine!

It is time……
I need to change my blog language.
Not because I feel comfortable in doing so. Our new international friends do not understand Afrikaans, therefore it is inevitable for me to start posting in English. It is now possible to accomodate my German, Finnish, Canadian, Hungarian, Italian, Dutch, French, Afrikaans, American, Equadorian, Australian, Chinese and other Asian Friends. Sometimes though, there is just some things you can’t say in another language quite the same as in Afrikaans. Please forgive me if I sometimes post in Afrikaans.

Posted in Journey | Tagged , , , , , | Leave a comment

Hemel op aarde…….

Hemel op aarde……

Dit gaan goed, sê ek vir almal wat wil weet. Ek is eerlik as ek dit sê, ek kom niks kort nie, ons leef immers baie   eenvoudiger.  Die dorpies waar ons bly en werk is soms te mooi vir woorde. Die mense saam met wie ons werk is almal immers Christene met ‘n gesamentlike visie en doel. Ek voel veilig as ek alleen gaan stap. As ek langs die rivier gaan sit, maak die kabbeling my rustig en ek luister na die oorvloed voëls in die eeuoue boomtakke bokant my.

Ek doen wat ek van hou. Ek gebruik kuns en Bybelse waarhede om mense se bekers weer vol te maak om die wêreld in die oë te kyk en te help besef hulle is waardevol ten spyte van… wat ookal en dat daar Iemand is wat hulle baie liefhet…ongeag. Ek groei geestelik soos wat skoolkinders oor ‘n Desembervakansie fisies groei. Dit klink  soos Hemel. Vir my voel dit soms so.

Soms weet ek dat ek verseker nog in ‘n gebroke wêreld bly. Ek weet dit as die ‘locals’ my vermy omdat ons mekaar nie verstaan nie. Ek weet dit as ek met ‘n vrolike ‘Buon giorno’ groet en hulle my aankyk of ek van die planeet Zor afkom…dan besef  ek skielik dis al laterig en ek moes eintlik ‘Buona sera’ gesê het. Ek mis ‘n vriendin in hierdie hemelse dorpie. As mens nie een vriend naby jou het nie, weet jy eers wat dit was om vriende rondom jou te hê. Ek stop by al die honde in die dorp en praat Afrikaans met hulle, hulle verstaan . Ek hou daarvan om by die huis vir gestremdes te gaan kuier, hulle waardeer my teenwoordigheid en is altyd bly om my te sien….. lag uitbundig as hulle my in die dorp raakloop(ry) met ‘n rystoel. Ons kommunikeer met ‘n ander taal. Dis my vriend se hand op die skildery. Ek het dit gemaak omdat hy my inspirasie is.

Ek was weke laas in die Kerk. Ek verstaan niks. Ons ‘connect’ nie. Hulle dink ook nie Paasfees en Hemelvaart is spesiaal genoeg om te vier nie.

Ek weet net dit wat ons hier kom doen het, is nie Hemel op aarde nie….maar dit help om te weet ons kan vir ander vertel dat daar wel hoop is om eendag Hemel te ervaar, waar die Liefde volmaak is.

Posted in My reis | Tagged , , , | 3 Comments

Artists have left the building

I went back to Forterocca today

for the first time since Wednesday last week.

Marco and Cettina were there, it was good to see them

But….

Stephanie’s rock was empty

Carly wasn’t in the lobby

Erika wasn’t in our office

Jon wasn’t in Georgio

Krista wasn’t on the steps talking to her ipod

Francesca wasn’t waiting for the elevator

Lauren, Cheryl and Linda weren’t in the dance studio

Daniel’s  guitar was silent

The paparazzi couldn’t find Kairo

Alaina and Emma  weren’t in the art studio

I didn’t bump into Pat in Bobbio

Wendy, Grace and Pam weren’t on the patio

I looked for Tiffany, Meri and Louisa in the oil paint studio,

they were missing

Senja’s artwork was there, but she was nowhere to be found

Geinene, Mat and Haven weren’t in the dining room

Elia, Moira and Livy weren’t in the kitchen

 

The leader’s room was locked

Posted in My reis | 1 Comment

Grace…..en moss graffiti

Dis opwindend om mense te ontmoet en nuwe verhoudings te begin. Dit is wanneer die verhoudings kans kry om op jou te groei soos mos, dat dit spesiaal is en terselfdertyd ‘n yslike risiko word. Dit verg moed om mense toe te laat om na hartelus op jou te groei en deel te word van jou.

Dis ‘n seerkry-risiko as iemand skielik moet weggaan.

Januarie is ons deur die eerste sessie van afskeid neem.                                                 Jarelange verhoudings.                                                                                                                 Nuwe verhoudings is intussen hier in Italië begin….vir 3 maande. Verlede week moes ek weer afskeid neem. Die klomp kunstenaars wat  vriendskappe op elke kontinent verteenwoordig, is almal terug vanwaar hulle vandaan gekom het. Ek gaan almal weer sien, miskien hier op aarde, maar defnitief in die Hemel. Dit weet ek darem.  Dit maak dit egter nie makliker nie.

Storypeople vat dit nogal raak….                                                                                                                                                ….she held her grief behind her eyes like an ocean  and when she leaned forward into    the day it spilled onto the floor                                                                                                       and she wiped at it quickly with her foot and pretended no one had seen

Ja, dis seer, baaaie seer maar iemand wat meer endorfiene as ander mense het, het dit mooi gesê:

Don’t be sad that it is over, be glad that it happened!

Dit was goed gewees…verrykend, intens en beslis die moeite werd!

Dit bring my weer terug by “die mense wat ek liefhet kom groei op my soos mos….” van die vorige blog inskrywing….en by Grace….

Die mosharte op die kliphuis se muur was die briljante kunswerk van Grace. Sy het met ’n yoghurtresep, bestaande mos daar “geplak” totdat dit vanself verder gegroei het. Dit groei net tot waar die yoghurt geverf is. Op die een binne-muur het sy ‘n anatomie-hart met mos gemaak

Grace gebruik haar kunstalent om Sy genade-boodskap uit te dra met “moss graffiti”!

 

Posted in My reis | Tagged , , , , | 2 Comments

mosharte op eeu-oue klip

Hierdie fotos het ek my eie self geneem …….ek het ook nie aan dit gepeuter nie.*

Ek hou van eerlike, oorspronklike fotos.  Ek hou ook van opregte, regte, egte mense.

DIE   MENSE WAT EK LIEF HET
KOM   GROEI OP MY SOOS MOS
DAAR   LAAT EK HUL NA HARTELUS GEDY
EN LOOP   EK DEUR DIE WÊRELD
- BESKUT TEEN DIE KOUE -
DIE SNOESIGHEID SELF:
EK MET MY MOSKOMBERSIEMAAR AS IEMAND WAT OP MY GEGROEI HET
WEG MOET GAAN
DAN SIT DAAR ‘N SEERPLEK
DAN SLUIP EK DEUR DIE WÊRELD
DIE KWESBAARHEID SELF:
EK MET MY SEERPLEK
WAT NET NIE WIL GENEES NIE

© woorde en musiek: S Bouwer/Anton Goosen

Ek werk hard aan my eie hart ook…hoe eerlik, opreg, eg en oorspronklik is ek? Of het ek ook al die lewe se photoshop  toegelaat om my beet te kry? Beleef ander ‘n sagte moshart in die koue harde klipwêreld om ons? Laat ek toe dat mense op my kom groei, soos mos?

Search me, oh God, and know my heart]

Test me and know my thoughts.

See if there is any wicked way in me,

And lead me in the way everlasting

Ps 139

 *(Ek is bereid om volgende week die geheim van die mosharte te deel as daar genoeg belangstelling is :)

Posted in My reis | Tagged , , , | 9 Comments

kunstenaars innie Kerk….!!?

Adora il Signore iddio tuo. E servi lui solo. Jy moet die Here liefhê en Hom alleen dien…

Die diens was in drie tale vanoggend. Italiaans, Frans en Engels. Ons was vanoggend in ‘n konserwatiewe kerkie in Bobbio Pellice.Gewoonlik is hierdie kerkie  gestroop van enigiets behalwe die Pastoor wat preek uit die Bybel.  Dit klink reg, maar in reaksie teen die Katolieke kerk, word enigiets met ‘n beweging, simbool of ‘vreemde’ musiekinstrument eenvoudig nie toegelaat in die kerk nie. Geen Godgegewe  kreatiwiteit, gawe of talent word gebruik om mekaar te dien of te inspireer nie. Niemand maak ‘n ‘verkeerde’ beweging nie.

Vanoggend was anders! Die Kerkie het toestemming gegee dat die kunstenaars die diens mag hou vandag!!

 

 

Die musiekbegeleidingsgroep het bestaan uit

‘n hobo, kitaar, viool en keyboard.

 

Twee dansers het die Woord gedans.   

 

 

 

 

 

 

Visuele kunstenaars het ‘n skildery gemaak van die boodskap oor die saaier.

Ons het Amazing Grace in verskillende wêreldtale gesing…..die atmosfeer was Hemels!

 

Dit was ‘n eerste in die Pellice vallei! My hart wou bars van opgewondenheid en vreugde! Ons het die kreatiewe God wat Liefde is, saam in liefde geloof en aanbid!

 

 

Kunstenaars het ‘n universele taal wat die Evangelie van Liefde kan uitdra tot aan die uithoeke van die aarde! Te lank is die kunste as weird en onchristelik afgemaak, dis tyd dat God op kreatiewe maniere aanbid word met die voorbeeld wat Hy as Skepper gestel het, met die talente en gawes wat van Hom af kom!

Dio è amore. God is love. God is liefde.

Posted in My reis | Tagged , | 3 Comments

Spesiale dae….

Ek is bang vir April. April is ‘n intense maand met heelwat herinneringe, belewenisse en vieringe.

Dit begin sommer die 2de April met die gedagte dat Herman 9 jaar gelede Hemel toe is. Ek en Hans werk ons programme mooi uit dat ons bymekaar kan wees op die dag. Hy sou terugkom van Duitsland af en ek sal terug wees van Rome af. Danie en Hanno, ons ander twee seuns, is darem bymekaar in SA.  Lang storie kort, Hans daag die aand 23h47 by die huis op. Daar was ‘n verandering in trein skedules en Hans het sy vlug verpas…. ek het die dag alleen deurgebring. Vir 9 jaar al sien ek nie kans om alleen te wees met die dag se herinneringe nie, toe gebeur dit, onbepland….. Feit is, ek het die dag oorleef. Ek het my oomblikke gehad, maar die Here het deur Sy stille beloftes en sagte Gees my deur die dag gehelp.

Volgende stop is my verjaarsdag, die 8ste, my boetie s’n die 9de en my sussie s’n die 15de April. Ek het bietjie opgesien na my verjaarsdag. Verlede jaar was ons hele familie by ons huis bymekaar in SA. My vriendinne het by my gekuier en my dag kleurvol gemaak. Ek het nie geweet wat om te verwag hier in Italië nie. Ek het nie geweet of iemand eers weet dat ek verjaar nie! Lidy (Nederland) en André (SA) en hulle dogtertjie, Saranda het geweet! Hulle het ons bederf met koffie en sjokolade gevulde croissants….én ‘n geskenk! Dit was vir my genoeg…..en tog, die Here het besluit daar’s meer! Die kunstenaars het gesorg vir ‘n koek en ‘n vars blomme kunswerk. Ons omgee-groepie het my geblinddoek deur die strate van Bobbio laat loop en my uitgevat vir ete!  Facebook is vir ons baaaie belangrik, hier hou ons kontak met baie wat daar ver is. Al die mooiste wense het my dag volgemaak en my herinner hoe kosbaar vriende en famile is. Net om te wys niks is vir die Here onmoontlik nie, toe kom kuier Apie en Susan uit SA, vir drie weke!

Julle Hemelse Vader weet wat julle nodig het……

Posted in My reis | 6 Comments